nostalgie is ‘n blou blou see
wat strek van hier tot ewig
en elke eb en vloei
roep my, roep my sag

nostalgie is ‘n heidi-lug
blou met wolke wat stories vertel
en onthous van lê in groenste gras
en drome droom wat was

nostalgie is jou lied, my lief
en hoe trane opdam
as ek hom hoor op radio
dan wens ek jy was weer hier
en nie in rebecca straat in ewig rus

(C) 2013 allen simpson
Rebecca straat verwys hier na die Rebecca Straat begrafplaas in Pretoria
Foto geneem te Belfast, Mpumalanga in Julie 2015

See translation

Advertisements