Na die lekker Whisky proe te Dullstroom (Hier is die skakel: http://bit.ly/Dullstroom_1) moes ek en Hanneliese iewers gaan um… nugter word en ons het toe vertrek na haar Pa se spogplaas genaamd Wemmershoek gelee erens tussen Dullstroom en Lydenburg.

Ons het gou gaan kyk hoe die son sag oppad na Wemmershoek en as julle Hanneliese are blog gelees het (Kliek hier vir skakel) oor Dullstroom sal julle onthou sy het iets interesant gesê oor die wit klip.

By Wemmershoek was ons ontvang met die gemesde kalf en soos ‘propperse’ koninglikes behandel deur haar Pa-hulle en tannie Marie het ons van die konsentrasie kampe op Belfast en Lydenburg vertel.

Klim saam met my in die tydmasjien en leef jouself in in die volgende situasie…

Nou dink dit in: Belfast is een van die koudste plekke in ons land. Dink daaraan dat jy met min klere in 0 grade koue moet sit in ‘n konsentrasie kamp. As jy gelukkig is het jy ‘n tent om in te slaap or iemand se huis in die dorp.

Daar is min kos en as jy kos kry is dit soms vrekvleis. Vrekvleis is beeste, skape en perde wat aan een of ander siekte gevrek het en om mense in die konsentrasie kampe te voed is die besmette vleis vir hulle gegee….

Dit is die harde werklikhede waarmee die mense in die konsentrasie kampe moes leef. Die wat oorleef het. Baie vroue en kinders het gesterf. Sommige kinders is in grafte begrawe saam met tot 6 ander kinders. Griep, verkoue en long ontsteking was so erg dat mense selfs in die somer gesterf het.

Ek het in trane gesit en aangehoor hoe haaglik dit was in die konsentrasie kampe…

More vertel ek julle van die freaky belewenis wat ek en Hanneliese in die Lydenburg begrafplaas gehad het, toe ons na die grafte gaan kyk het. Toemaar dit sal ne so hartseer en donker soos vandag se blogartikel wees nie.

(c) 2015 allen simpson
Foto kopiereg Allen Simpson en Hanneliese Bredell

Advertisements