Graag deel ek met julle twee ou kort gedigte wat ek al lankal hier wou opsit Rooi Aarde en Droomland Toe.

Die ironie van die metafoor laat dit droewig reën in my hart
Die ironie van die metafoor laat dit droewig reën in my hart

Rooi aarde

waar reën eers kom dans het
is krake en barste nou
‘n morbiede eulogie van gisters
van vetjare verby, maerjare wat bly
my voet speel-speel
met ‘n ou springbok rand muntstuk
tot rooi aarde hom ook
ewig insluk

Die ironie van die metafoor laat dit droewig reën in my hart

(C) 2013 allen simpson

Nag nag my bootjie wag
Nag nag my bootjie wag

 

Droomland toe

Klaasvakie die ou bitterbek
Maak my nou stapel gek
My oë dra vragte sand vanaand
My bootjie na droomland wieg op die strand
Nag nag my bootjie wag

(C) 2013 allen simpson

Gedigte kopiereg (c) 2015 Allen Simpson

Foto Kopie reg (c) 2015 allen simpson & Hanneliese Bredell

Fotos geneem te Lydenburg Begrafplaas Julie 2015

Advertisements