Nog lekker onder Jay-Jay se brandewyn invloed (sien Pelgrims Tog Deel 4: http://bit.ly/eienaardige_Begrafplaas_storie) het ons dapper die pad tussen Lydenburg en Waterval Boven begin aanpak.

Angesien ons nie die Machado Dorp pad gekies het nie was ons verras met ‘n pad vol gate, en ook ‘n lang stuk van ry op ‘n bree grondpad.

Gelukkig was dit so mooi op ons pad dat ons die stowwerigheid glad nie agter gekom het nie (dit kon ook te danke aan die Brandewyn wees).

Pragtige bome het ons oral gegroet en ek het die besonderse mooi boom afgeneem uit die kar.

Aan ons linkerkant het die Kwena Dam soos ‘n juweel gelê en die berge het geweerkaats in haar waters. Die lug was so blou en diep soos geheime en… sjoe wag, skryf ek gedig of vertel ek julle ‘n storie!

Kwena Dam is in 1984 instand gebring en voorsien die boere in die aria van waters vir irrigasie. Dit is 1,783 in lengte.

Soos ons die vallei ingedraai het na Waterval Boven, deur lang grashalms het die pragtige prentjie wat Waterval Boven is aan ons ontbloot. Geen foto kan die unieke mooi van die dorpie uitbeeld nie, mens moet self daar wees om te sien.

Die pragtige moskee het geblink in die winterson
Die pragtige moskee het geblink in die winterson

Ons het gou gewaar dat daar hordes kerke en geestelike geboue is vir elke geloof denkbaar in die klein plekkie en iemand het gesê dit moet wees as gevolg van die oer murasie wat ontdek is net buite kan Waterval Boven (Ons gaan julle op ‘n volgende blog die foto’s daarvan wys en meer vertel).

By Waterval Boven is daar sommer 'n eet tafel gedek in die middel van die straat!
By Waterval Boven is daar sommer ‘n eet tafel gedek in die middel van die straat!

Waterval Boven is ‘n land van melk en heuning waar selfs bome skoene as vrugte dra! Kyk dis nie die Brandewyn wat praat nie, ek lieg nie, kyk na die foto hierbo!

Daardie aand het ons by die lieflikeste mense oornag Peter en Cobie Warrington en ons kon nie ophou praat oor die oer murasie, die waterval en die spoke van die begrafplaas nie. More vertel ek julle van die begrafplaas en die waterval en wie daarna is dit tyd vir die oer murasies.

Dankie vir die kuier!

(c) 2015 allen simpson

Alle Fotos is die kopiereg eiendom van Hanneliese Bredell en Allen simpson