Dames en Here, welkom, welkom by Pelgrims Tog Deel 5! Vandag kyk ons na die Waterval Boven waterval.

Die waterval staan bekend as die Elands rivier Waterval en is ‘n scary 70 meter val.

Scary, want die wolf het teen die rotse geskuil en wou nie te ver afkyk nie. Hy het hoogte vrees en bler soos ‘n lam in vrees naby hoogtes. Kyk, hoogtes is vir bergbokke, dappermense, arende en ape. En die wolf het dalk volgens Darwin ‘n bietjie aap DNA (alhoevel hy glo hy het meer wolf) maar hom kry jy nie teen die rand van ‘n waterval nie.

Terwyl die wolf die waterval beloer het agter ‘n rots het die waaghalsige Hanneliese fotos gaan neem van die waterval. Dis pragtig ne?

Kyk, die wolf is ‘n heiden en hy moet sy Godin, Moeder Aarde eer. Sy is ‘n pragtige Godin met Haar valleie, riviere, watervalle en woude. Sonder Haar kan ons nie eet of drink nie, want vrugte-draende bome val nie uit die lug nie. En water is kosbaar.

Die Native American mense sê baie waarhede waaraan die wolf hier gedink het by die waterval: Veral twee wyse woorde wat hy graag hier deel:

“When all the trees have been cut down, when all the animals have been hunted, when all the waters are polluted, when all the air is unsafe to breathe, only then will you discover you cannot eat money.
Ou Cree Profesie

“The Great Spirit is in all things, he is in the air we breathe. The Great Spirit is our Father, but the Earth is our Mother. She nourishes us, that which we put into the ground she returns to us….”
Big Thunder (Bedagi) Wabanaki Algonquin

Die wolf dink aan wat die mens aan die aarde doen… woude wat verdwyn in die verrotte naam van ‘vooruitgang’, riviere wat besmet word met fabrieks afval, fabrieke wat stink reuke in die atmosfeer in pomp…

Die wolf dink aan diere soos renosters wat vermoor word, net sodat mans wat dink hulle sal hulle geslagorgane meer woema kan gee, die renoster se horing kan gebruik en dink dit sal help (idiote)

Die wolf dink aan die siek mense wat jag fotos op Faceboek sit om hulle ‘jag trofee’ te wys.

Die mensDOM en ek bedoel dom, het geen respek vir die natuur nie. Dis hoekom die wolf eerder ‘n wolf is. Hy is te skaam om ‘n mens te wees, want mense gee sy spesies ‘n poeffie naam…

(c) 2015 allen simpson

Fotos die koppiereg van Allen SImpson en Hanneliese Bredell

Die volgende artikel wat ek opsit gaan freaky wees, so kom kuier weer.

Advertisements