Lank lank gelede het 'n wolf    uit 'n venster gekyk en 'n woud gevind...
Lank lank gelede het ‘n wolf uit ‘n venster gekyk en ‘n woud gevind…

Daar is iets misterieus aan oer murasies wat ontdek word uit die bloute. Oer murasies is oral op ons planeet; van die piramides in lande soos Egipte, China en Mexico tot die ou oer murasie wat gevind is in Zimbabwe tot die freaky reuse koppe van Easter Island.

Die wolf wou nog altyd sulke plekke sien, en eendag het hy en Hanneliese ontdek dat jy nie oor groot waters hoef te vlieg om by hulle uit te kom nie. Hulle het in ‘n tydmasjien geklim sommer hier in hulle land en sulke plekke ontdek. Die eerste op hulle pelgrims tog was die Waterval Boven oer murasies.

Hanneliese het ook kom kyk en wonder oor die woud
Hanneliese het ook kom kyk en wonder oor die woud

In die muur van die oer murasie is ‘n gat wat uitkyk op ‘n woud van dennebome. Die murasie is ouer as die dennewoud want die bome is ingevoer en geplant. Die wolf kan net wonder op wat het die venster uitgekyk honderde jare gelede toe daar nog nie ‘n denne woud was nie.

Die argitektuur is besonders.
Die argitektuur is besonders.

In Waterval Boven het elke dorpsjapie ‘n ander teorie oor die murasie. Daar is mense wat glo dat besoekers uit die buitenste ruim (annunaki) iets daarmee te doen gehad het en die wolf het allerhande goed gehoor van reptiel mense en goeters wat klink soos iets uit die tv reeks Star Gate. Ander het weer gepraat van dat dit dalk ‘n plek van aanbidding was or ‘n opleidings sentrum vir priesters eeue gelede.

Die wolf het al die teorie geniet en besluit om eerder aan te hou wonder want soms is dit lekker as ‘n raaisel ‘n raaisel bly, want dit hou mens nederig om te dink daar is wonders in die wêreld wat onverklaarbaar bly.

Toemaar Hanneliese jou Moederskip is oppad om jou terug na jou planeet te vat
Toemaar Hanneliese jou Moederskip is oppad om jou terug na jou planeet te vat

Wat die wolf wel kon sien is dat die klippe waarmee die plek gebou was, definitief nie in die area voorkom nie, so donkies, beeste (of ‘n ruimteskip lol) moes die klippe na die berg toe gebring het sodat die mense hier kon bou.

ons lieflike toergids gesels met Hanneliese
ons lieflike toergids gesels met Hanneliese

Ons is net dankbaar vir die mense by die Stone Circle Lodge wat ons die plek gaan wys het en ook vir ons deur hulle museum geneem het. Pragtige mense wat mens ure mee kan praat.

Die Stone Circle Lodge is vol New Age kunswerke en mens kan daar jouself verloor.

As jy by die Lodge se deur uitgaan groet die Oog van Ra jou asof dit sê:

As jy by die Lodge se deur uitgaan groet die Oog van Ra jou asof dit sê:”Sien jou weer”

Waterval Boven het baie om mens te gee. Die mense is vriendelik en openminded, die waterval en oer murasie is ‘n druppel in die emmer van wat daar is in die prentjie mooi dorpie. Julle moet gaan kyk.

Maar dit was net die eerste plek waar ons wondere gesien het. wag tot julle hoor van die Steen Sirkels wat ons raak geloop het op ons volgende bestemming… en die Steen Sirkels is dalk ouer as Stone Henge! Maar dis ‘n storie vir ‘n volgende dag.

Hier is ‘n ou blog artikel oor die Annunaki vir die wat meer wil weet: http://bit.ly/Annunaki_and_the_12

(c) 2015 allen simpson

Alle fotos is die kopiereg eiendom van hanneliese Bredell en Allen Simpson

Advertisements