sal jy wakker word?
as ek sterre pluk en ‘n ruiker maak
jou teer omvou tot jy ontwaak
as ek woorde verf teen jou muur
wat wense in die Universe in stuur

stilverlange teister my om jou nagtegal-stem te hoor
om in jou sang my te verloor
om jou glimlag tot in my siel te voel

Sneeuwitjie, al wat ek kan gee is ‘n soen
hier, ek gee dit vir jou
en droom oor jou ontwaking…”

(Natuurlik weet ons wat toe gebeur
Die prins se soen het haar opgewek
Dis die einde, nou hou ek my bek)

(C)2013 allen simpson
‘N idee. ‘N weird idee. Ons digters leef mos op weird idees. Lol