Pasop vir die Perde
Pasop vir die Perde

Na die wonderlike tyd by Waterval Boven met die pragtige waterval en misterieuse oer bouvalle het ons gereis na Kaapsehoop. Pragtige Denewoude het weerskante van ons die uitsig betower en ‘n reuse rooi waarkuwing het ons gewaarsku om op te pas vir wilde perde in die pad.

Ons was dors en het by die pragtige Bohemian Groove Cafe ‘n  Gluhwein gaan geniet. Dit het ook gehelp om die winter koue weg te warm. Min het ons geweet van die groot verrassing wat op ons wag terwyl on daar gesit het. Julle sien die rooi  waarkuwing teken op die pad het nie verniet gepraat van wilde perde nie.

Terwyl ons daar gesit het, het een vir een, ‘n klomp perde te  voorskyn gekom. Die pragtigste rooivos perde wat gewei het  asof die plek aan hulle behoort. Wel tegnies, is dit so. 🙂

kh_perdjie wil eet

Toeriste het toegekyk hoe perde rustig kou en ‘n perd of twee het sommer die Bohemian Groove Cafe se plante kom toets of dit eetbaar is en lekker weg gelê aan dit.

Dit was ‘n heerlike ervaring om dit te beskou en het die prentjie mooi dorp met sy rustige atmosfeer net meer bekoorlik gemaak. Van die wilde perde was mak en het mense toe gelaat om hulle te streel (net VAN hulle)

Terwyl ‘n toeris ‘n perd van naby af afgeneem het, het Wolfie gemerk dat ‘n bobbejaan in die agtergrond ook afgeneem wou wees. As julle op die foto hier bo kyk, net reg van die kar loop ‘n bobbejaan rustig na die veld.

Na dat ons ons Gluhwein gedrink het en gegaan het na ons slaap akkomodasie vir die dag het ‘n perd die wolf ingewag by die cafe se hek en hom kom groet.

Selfs by die wonderlike Bohemian Garden Cottages waar Wolf en Hanneliese oornag het, het perde kom kuier. Iemand (nie ons nie) het die hekkie na die cottages oop vergeet en ‘n eenoog perd het kom smul aan die Cottage se pragtige blomme. Wolf het die perd Odin gedoop omdat die perd een oog het nes die Noorse God Odin en omdat daar ‘n dierlike wysheid uit die perd gestraal het. Wolf en Hanneliese het hulle tabernakels af probeer om die perd by die hekkie uit te kry, maar nou ja, jy kan ‘n perd en sy blom-ete nie van mekaar skei nie, en hulle het opgegee en die eienaar gewaarku dat ‘n ‘vierbeen tuinier’ besig was om ‘blomme te snoei’.

Vir die inwoners is die oorsprong van die perde ‘n misterie en baie spekuleer dat van die ‘boerperde’ agter gebly het tydens die Anglo-Boere Oorlog na ‘n Britse regiment terug geroep is van Kaapsehoek af. Die perde is nie regte wilde perde nie, aangesien hulle voorsate definitief as mak perde hier aangeland het vroeg in die 1900s. Daar is 200 perde in Kaapsehoop en omtrent een hings vir elke sewe merries (gelukkige hingse).

Wel daar het julle dit. Volgende keer kuier ons by Bohemian Groove Cafe en Bohemian Garden Cottages, want daar is baie om julle tewys en dan gaan ons julle ook nog die ‘Stone Circles’ wys.

(c) 2015 allen simpson

Alle fotos die kopiereg eiendom van Allen Simpson en Hanneliese Bredell

Advertisements