Ek gesels lekker met Perdebytjie vandag en toe praat ek toevallig van my ‘blank book mentaliteit.’

Dis iets wat ek geskep het vir myself om myself te help om mense te respekteer en te aanvaar soos hulle is. Elke persoon wat ek ontmoet is ‘n boek wat leeg is. Hoe hulle daardie boek vul van die tyd af wat ek hulle leer ken, bepaal wat ek van hulle dink. So dit maak nie saak of jy van Brakpan of Mamelodi af kom nie, jy kry my respek todat jy dit verloor.

Die wêreld is te kort om mense te oordeel omdat hulle anders is, so dis beter om mense eers te leer ken. Mense se godsdiens en politiek is hulle eie probleem, maar is dit nie beter om mense se krag van karakter te leer ken in plaas van om net te gaan op godsdiens, politiek, kleredrag, hoeveel tande hulle het en sulke dom poeffies nie?

Gun jou medemens ‘n ‘blank book’ want dalk as jy hulle lees vind jy ‘n regte diamand in ‘n wereld vol vals goud.

(c) 2015 allen simpson
foto kopiereg Allen Simpson en Theo Breedt

Advertisements