‘n nuwe seisoen sny deur my, winter verlaat my en lente kom terug. Sy bring nuwe blomme en nuwe allergies en sinusprobleme saam met haar. Pragtige Jakaranda bloeisels gaan weer volpers hang en op my skree:”Ja, kry vir jou, hier is snotsiekte van ons af met liefde…”

Die snaakse ding is al die pyn en lyding wat my sinusse gaan kry is die moeite werd, want ek verlang na die lente reen…

Ek is eintlik ‘n winter kind. Ek blameer die feit dat ek in ‘n hittegolf in Oktober gebore is. Niks is lekkerder as winter koue nie. Somer bring hitte en sweet… jig… en sonbrand.

Niks walg my meer as mense wat ‘tan’ nie, party van hulle velle vlek laat dit lyk of hulle lanklaas seep en water gesien het… jig jig jig. Hulle het my begin forseer om te dink bleekmense is sexy.

Hoe bleker jy is hoe sexier is jy vir my, so as jy is… sê ek vir jou hello sexy. As jy vlekke het van son brand hou verby want ek wonder heeltyd hoe skoon is jy.

Dis maar net ekke.

Ek moet darem se soms is natuurlike bosveld gebrande tan velle mooi, maar dis so min.

(c) 2015 allen simpson

Advertisements