(1)

buite piet ‘n piet-my-vrou
en roep die lente terug
daar is ‘n nuwe varsheid in die lug

lente klim uit winter
haar kaalvoet meisie lag
klingel in elke voël
en sy bedek elke boom met prag

binnekort en om die draai
gaan pretoria in haar bruids klere
van jakaranda mooi
tooi
tot die reën die beloftes van somer
in ons harte sing

lente het suutjies ontwaak
geseënd is ons
geseënd is ons…

(11)

binne my roep my siel
‘Demeter kom weer terug’
en word beantwoord deur ‘n piet-my-vrou

Demeter klim uit Hades
haar kaalvoet meisie lag
klingel in in die lentelug
en sy begin haar kuier vlug
om haar meisiekind te sien

binnekort en om die draai
gaan pretoria in haar bruids klere
van jakaranda mooi
tooi
tot die reën die beloftes van somer
in ons harte sing

lente het suutjies ontwaak
geseënd is ons
geseënd is ons…

Demeter is weer terug
geseënd is ons
geseënd is ons…

(c) 2013 allen simpson
Foto kopiereg (c) allen simpson en hanneliese bredell