daar fluister in die stilte
‘n augustus wind
en engele hoor alleen die woorde, my kind

daar fluister in die stilte
tussen stene van gister waar daar
lewe was wat lag en dit gee my krag

jou stem het iewers hier verdwaal
in augustus winde het ek die nuus ontvang
daar is net nou stille rus vir jou
met engele wat net rond krap
na al die stukke van ‘n gebroke hart

daar is woorde wat net wil breek
as my stem die woorde wil spreek
erkennings van ek is nog lief vir jou
in augustus lug se wolke koud en grou

al wat daar nou is
is stille rus stille rus

(c) 2015 allen simpson

Advertisements