rots swaar skouer pyn
jukvol pyn groef erodeer
Atlas ewig seer

mis jou vanaand
jou heuwels en valleie
jou stilte intiem
hare waterval hartlangs
in my diepste onthou see

verlange laste
op my skouers ver van jou
sleur my ewig mee

(c) allen simpson
nota: die Atlas in my gedig verwys na die Griekse legende van die Titaan Atlas wat die wêreld op sy skouers dra
Foto geneem te Voortrekkermonument Pretoria

Foto Kopiereg (c) 2015 Allen en Hanneliese

Advertisements