alles vat tyd
soos genesing
wanneer iemand jou so seer gemaak het
en jy nie woorde het nie
jy vergewe maar jy wil nie praat nie
want rou wonde sit nog
soos melaats wonde in jou hart

selfs die dood het sy eie tyd
wanneer iemand sterf
en jou hart verskeur
is daar nie superglue nie
net tyd…

alles vat tyd
en pyn het sy eie horlosie
dit kan nie geforseer word nie
tyd bring genesing
as die hart toe gelaat word
om die wonde te dokter
as liefde saad op die regte harts grond val
is alles moontlik

(C) 2013 allen simpson

Foto kopiereg (c) allen en hanneliese

Advertisements