stadig gebeur na die son
uit die harde sy van die kokon
verandering, my skoenlapper
is ook harde werk
jy was ‘n wurm
net soos ek
en al word jy ‘n skoenlapper met ‘n gebreekte vlerk
is jou wêreld vol blomme gesaai?
sal jy help blomme plant
of net dorings eendag maai?

elke stap wat ons stap het twee bewegings
een na iets moois, iets wonderbaarlik
en een na ‘n einde so afskuwelik
waarheen vlieg jy, skoenlapper
word jy vir die wêreld ‘n ligbron
of word jy net ‘n gevangene in nog ‘n kokon?

(c) 2015 allen simpson

Foto Kopiereg (c) allen simpson en Hanneliese Bredell

Advertisements