Dis nou ‘n groot verrassing. Hanneliese het een van my gedigte uit my boek Skaduland op haar blog geplaas! Ek voel so geseend…. Dis lekker om waardeer te word…. (die wolf stort sommer ‘n traan!!!!!)

Hanneliesebredell07's Blog

image

sweet soos bloed, vloei

riviere

en hartsverlange, brand die

ure

wind verwaai my deur valleie

troebel waters, donker tye

mens word wees

verlore jare

hoop geraam met trane

bly jy jy en ek ek

en die politiek maak gek

maar menswees is ‘n saad

wat kan groei in harde hart

wortel maak marmer sag

mens leer, liefde wag

en hier waar ek mymer

droom ek dit suiwer

mens wat wees

word mens wat is…

liefde kan nooit uitwis…

Allen Wolfie Simpson

Sommer net omdat jou skrywes soveel insig en plesier verskaf aan elkeen wat dit lees en dit awesome is om jou te mag ken ❤

View original post

Advertisements