sagte ontploffings op haar duine
warm hitte wat hoendervleis gee
sy is op helium
daar is ‘n oomblik van glashelder
wat teer in skerwe spat
vlerke word en hemels verken
helium ballonne in haar siel
en hy styg met haar na hulle eie shamballah
liefde is die kompas

wanneer hulle daal en val en brand
soos sterwende fenikse
en weer styg in die uitvalvuur
van die atoomvuur van hulle dans
vind hulle weer shamballah
en sagte ontploffings word ‘n supernova
waar sy ewig in Helium rus

en dit net ‘n soen
een lang soen

(C) 2013 allen simpson

Foto Kopiereg (c) allen en Hanneliese

Advertisements