Na die wilde perde van Kaapse Hoop ons so mooi kom groet het, het ons eers na die Bohemian Cafe gegaan om een van ons pelgrims reis se hoogtepunt te boek: ‘n reis na een van die oudste ‘stone circles’in die wêreld – Adam’s Calendar.

Die pragtige Bohemian Cafe
Die pragtige Bohemian Cafe

Binne het ons eers na die stoue mans en soet dames kamers gegaan en onsself vars gemaak.

Stout seuntjies toilet
Stout seuntjies toilet
Soet Meisies toilet
Soet Meisies toilet

Na ‘n glas Gluhwein, het ons ons fantastiese gids Pierre ontmoet en vertrek

Die uitsig het my bietjie laat dink aan 'n ou gedig. Op die foto is ons toergids, Pierre
Die uitsig het my bietjie laat dink aan ‘n ou gedig. Op die foto is ons toergids, Pierre

Oor ‘Stone Circles”

Nou die wolf was nog altyd geboei met ‘stone cirles’ soos Stone Henge’ en nog voor hy die eerste een gesien het op tv en fotos het hy al oor hulle gedroom. Liedjies soos ‘Deliverence’ van die ikoniese Goth Band ‘The Mission’ en die liedjie ‘Stones’ uit die Ultima rekenaar speletjies het net beaam aan hom dat hy hulle MOET sien. Op sy bucket list was geskryf ‘Stone Circles’ in Engeland, maar die wolf kon nog nooit na Engeland toe gaan nie. Hy is ‘n digter en kunstenaars is maar brand arm. Gelukkig het hy en Hanneliese gehoor van die Stone Circles by Kaapsehoop en dit item een op hulle pelgrims reis gemaak.

Salomo se Graf

Ons toergids Pierre het ons baie goed gewys maar een van die intresantste was Salomo se Graf. Dit is eintlik ‘n klip altaar soos die mense van die oer-eras gemaak het. Uit die altaar het ‘n boom uitgegroei soos ‘n wonderwerk. Mense was geinspireer deur legendes van Salomo en die Koningin van Skeba en het die Altar Koning Salomo se graf begin noem.

Die Sirkels op die Berg

sirkels op 'n berg

Daar is baie gepraat deur mense oor wat die funksie van die ‘Steen Sirkel’ is. Een teorie volgens wat ons gids gehoor het is dat as jy die stene se posisies wiskundig meet en binary-kode bygooi gaan die sirkels jou iets wys op jou rekenaar wat mense sal laat dink aan DNS-kode. (Moet my nie vra nie, gaan google hierdie groot woorde!)

Sien julle die krans agter die ‘Stone Circle’? Wel ‘n paar jaar gelede het ‘n vliegtuig ongeluk daar gebeur en dis toe dat die steen sirkels ontdek is….

Die Hel (Die Mooi een)

Mense in die omgewing noem die area die hel want dit word glo vreeslik koud en warm daar en die son kom hier baie vroeg op en sak baie laat. Jy kan op ‘n goeie dag Baberton van hier af sien!!!!! Hierdie hel is pragtig!!!!

Ons het lekker gekuier daar op die berg wat ek en Hanneliese ‘Die Godin se Venster’ gedoop het. Ons het terug gery na die dorpie toe en gaan rus by die Bohemian Garden Cottages en die volgende dag ons Pelgrims reis hervat…. daar is nog wonderlike stories oppad, die reis is ver van klaar af so kom lees weer, ne!!!

(c) 2015 allen simpson

Fotos die Kopiereg eiendom van Allen en Hanneliese

Advertisements