daar is brood gevra, net klippe uit gedeel
mens het ‘ek is god se wil’ gespeel
as mens dink hy ken sy god,
kry iemand altyd seer

die skrif aan die muur
het al goeie mense hel toe gestuur
die een wat god misbruik
om seer te maak is ‘n vampier

vir goud is nasies uitgewis
gieriges het dit gedoen in die naam van ‘n gebod
‘n kind met ‘n selfmoord bom
en bang bang ons breek nog ‘n gebod

ons almal het ons dik gevreet
aan jou wingerd, nabod
en lag as honde ons vyhande verskeur
ons siele ruik al vrot

(ons skryf krabbel-haat soos gulsige slange op dooie mure)

ons het liefde vir mekaar vergeet
en lotusblomme van haat geeet

selah

(C) 2013 allen simpson
Geinspireer deur haatspraak wat ek op FB gesien het…
Rassisme, godsdiens haat, self regverdinging is ‘n siekte, geen godsdiens praat dit goed nie maar so baie maak dit deel van wat hulle glo. Die Koran en Bybel word bloedbevekte instrumente, leeg getap en die woord ‘liefde’ daar in, summier vergeet…

Foto geneem te Belfast

Fotokopiereg (c) allen en hanneliese

Advertisements