ek wil kaalvoet uit hierdie huis trap
deur dorings en glas na ‘n bergtop stap
klippe neerlê in ‘n sirkel van geloof
my wense uitspreek en myself verloor

ek wil die wind word en verweg waai
en mosterdsaad gooi in hande wat hemele toe draai
ek wil roep na die reën van die gees
elke traan wegwas en verligting wees

ek wil plakkerskampe met hoop besoek
uitgehongerde boeppens babas met kos begroet
ek wil bitterheid wegvee uit werklose weggooi-mense se hart
ek wil net eendag vir my wêreld, sonder smart

my wense is soos ‘n klimop wat rank
o son o maan ek groei al so lank
my kniee bebloed en nat van die tranesee
oor my liefde wat ek net my wêreld wil gee

hier is ek
hier is ek

(C) 2013 allen simpson

Foto geneem by die oer-murasie in Waterval Boven

foto Kopiereg (c) Allen en Hanneliese

Advertisements