Ek lees lekker boek toe jy instap en jy kyk verbaas na my boek.

“Wolfie! Haai is dit regtig wat ek dink dit is? Wolf,wolf wat lees jy!?” beduie jy na die boek.

“Ja wolfmater, dit is regtig wat jy dink dit is. Die boek is ‘n classic!”

Ek hou die boek uit na jou sodat jy mooi kan sien.

Adoons-Hulle deur T.O.Honiball
Adoons-Hulle deur T.O.Honiball

“Haai Wolf van wanneer af ken jy T.O. Honiball se werk?” Vra jy nuuskierig.

“Wolfmater, vandat ek baie klein was het my pa die Landbou Weekblad gekoop en heel agter in, net na die geelblaaie, was daar Oom Kaspaas of Adoons-Hulle. Adoons-Hulle was my gunsteling want dit was soort van ‘n satiriese blik op ons land en mensdom. Dit was vir my so oulik dat bobbejane soos mense regop loop en menslik voorkom. Ek het hulle versamel en gaar gelees. Ek het tot skool opstelle vir Afrikaans geskryf oor hulle. Ek het elke middag na skool op my bed geparkeer en na ‘Wolwedans in die Skemer’ op Springbok Radio geluister en my Adoons-hulle gelees” My wolfogies raak mistig as ek dink aan my kinderdae.

“Waar het jy die kopie van Adoons-hulle gekoop, Wolf? Ek soek ook een.” Vra jy en jou bekkie kwyl amper.

“Wolfmater, ek en Hanneliese was by die Voortrekker Monument in Pretoria en het dit by die museum gekoop. Daar is ‘n paar museums wat Afrikaansbewus is, waar jy die boek kan kry.” Ek tik op my boek.

“Sjoe Wolfie, ek moet hardloop. Ek moet vir my een kry. Is daar Oom Kaspaas ook?” vra jy opgewonde.

“Wolfmater, Oom Kaspaas, Adoons-Hulle en Jakkals en Wolf is daar beskikbaar” Stel ek jou gerus.

Skielik spring jy op en waai soos ‘n kombitaxi-klient vir ‘n taxi na my en laat spat uit my deur uit….

“Ai, ai… hoop nie my wolfmater hardloop iemand onderste-bo nie….” sug ek, maak my boek oop en lees verder terwyl ek sag ‘Bobbejaan klim die Berg’ neurie.

-0-0-0-0-0-0-

Nou ja, dit was episode vier van:

Dankie vir die inloer. Wie weet, dalk kom deel ek weer ‘n boek of iets snaaks en leesbaar met julle!!!!

Groetnis en lekker lees

Wolfie

(c) 2015 Allen ‘Wolfie’ Simpson

Advertisements