spartel van ‘n vonkie sag
spoeg-spoeg knetter van hout
skadus teen mure marmer
iewers steun ‘n nagvrou haar sout

vonkie brand harder en bruis
stadig sal die vuur verrys
as en rook word bitter wierook
spartacus sit en sug

more in die arena
tussen gladiators en die skare
wat moordlus gil
gaan hy weer met bloed betaal
vir hulle plesier en genot
en dalk sy laaste asem haal

(c) 2015 allen simpson
prentjie vanaf Zastavski

Advertisements