Na Hanneliese en Wolfie by antieke stone circles was in Kaapsehoop het hulle in ‘n tydmasjien geklim en dit het hulle uitgespoeg in ‘n towerland genaamd Sudwalla. Daar was oerdiere en grotte en omdat hulle nie tyd gehad het nie, het hulle net na die oerdier gaan kyk…

Diplodocus staan rustig en ontspan
Diplodocus staan rustig en ontspan

‘n Diplodocus staan rustig en ontspan. Wat weird was is dat die dammetjie vol Koi-visse was…. As jy mooi kyk by sy linker agter geen sal jy een in die water sien.

 Die Tandemonster

'n Tyrannosaurus Rex lyk lus vir 'n Triceratops steak
‘n Tyrannosaurus Rex lyk lus vir ‘n Triceratops steak

Daar was vrek baie Dinosaurusse, en dit was soos om in die fliek Jurassic Park in te stap, veral met oergeluide was uit speakers uit gebler het. Wolfie het al hoe nader gekruip aan die Tyrannosaurus (T-Rex)

Hoekom het jy so 'n groot mond, T-Rex?
Hoekom het jy so ‘n groot mond, T-Rex?

Wolfie het ewe braaf vir T-Rex gevra hoekom hy so ‘n groot mond het…

T-Rex gryp Wolfie se hoed
T-Rex gryp Wolfie se hoed

Die volgende oomblik het T-Rex ‘n groot tande-monster giggel geuiter en Wolfie se gunsteling hoed gegryp. “Gee terug my hoed jou… jou Tandemonster” het Wolfie geskree!

Wolfie soebat en smeek
Wolfie soebat en smeek

T-Rex het Wolfie se hoed uit gespoeg en gesê:“My naam is nie Tande-Monster nie, dis Flaffie!!!!”

Wolfie het toe gesoebat en smeek dat Flaffie hom vergewe. Gelukkig was dit Flaffie se dag vir wortels en nie Wolfie-vleis nie.

Pre-historiese Soogdiere

Hanneliese troetel 'n katjie awwwwww
Hanneliese troetel ‘n katjie awwwwww

Hanneliese en ‘n pragtige Sabeltand-Tier het met mekaar gespeel en was onafskeidbaar. Sy wou hom sommer huis toe vat.

Selfs Oer-olifante was mal oor my mede-digpelgrim
Selfs Oer-olifante was mal oor my mede-digpelgrim

Wie kan die oer-olfant blameer. Hanneliese is ‘n sweety-pie!!!!!

Wolfie en die Olifant het ook gespeel.
Wolfie en die Olifant het ook gespeel.

Natuurlik het die olfant gewen want onse wolf is nie een wat van geweld hou nie. Hy se mos:“Make poems not gaping wounds”

Die Gister Mense

Die lewe is vol gisters. Net so is daar gister-mense wat klaarblyklik voorvaders is van die mensdom. Wel die wolfie glo in twee tipes mense: Mensdom en MensDOM. MensDOM stam definitief van ape af want hulle is dom wetters wat net wil breek en moor. (Let wel dis sluit alle rasse, kleure en geure in so moet nie rassisties dink nie)

Gistermense
Gistermense

Gistermense is spesiaal. Hulle het nie tv, mikrogolfoonde ens gehad nie en het geleef van die land af. Vir hulle was om ‘n Mastodon plat te trek soos ‘n braai-funksie na die Saterdag rugby. Wolfie het vinnig ‘n gedig geskribbel in die kar later:

Gistermense

Daar is ‘n donker stilte op die berg
Waar ‘n tydmasjien stil ween
tussen gistermense en gister-onthou
wolke wat donker hello
Sudwalla ek is lief vir jou

(c) allen ‘wolfie’ simpson

Dit was lekker by Sudwalla. Na ons kuier op die berg was ons honger en lus vir melkskommel. Die eetplek het nie roomys gehad nie en Wolfie was vies want hulle het dit orals adverteer. En om sout in sy wond te gooi het hy melkkos bestel en hulle het hom ‘n stuk vloeistof in ‘n bord gegee wat die slegste hospitaal nie eers vir ‘n halfdood moordenaar sou voer nie. Wolfie is ‘n Afrikaner en melkkos is iets waarmee niemand moet rondfok nie. Ons soek net die beste, soos ons oumas dit gemaak het nie wit poeffie vloeistof nie. (Jammer die Wolf vloek). Die diens by die plek was ook maar power. Hanneliese het gesug en gesê;“Ai, die mensDOM”

Die Dinosaurus park is ‘n moet-sien. Dit was op Wolfie se Bucket list en hy is bly hy was daar.

Volgende episode wys on julle die pragtigste plek in Sabie, so kom kuier weer.

(c) allen simpson

Alle fotos die kopiereg eiendom van Allen Simpson en Hanneliese Bredell

 

 

Advertisements