‘n FB vriend vandag het my weer laat dink aan die stigma wat kleef aan die Goth kultuur en toe is ek sommer lus om te gesels oor wat Goth is. Julle sien soms goths in julle dorpe en stede. Mans en vrouens soms geklee in Victoriaanse kleredrag, meestal pikswart in kleur, met swart lipstiffie en swart naellak aan. Of hulle is geklee in ‘n ‘Corporate look’ ook met grimering aan.

Oningeligte mense dink dadelik die mense is Sataniste, of behoort aan een of ander kultus of is bang vir die mense. Wat hulle nie besef nie is dat Goth ‘n subkultuur is wat gaan oor ‘artistic expression’ of te wel ‘uitlewing van kuns’ en het sy moderne onstaan te danke aan onder andere bands soos Bauhaus, Fields of the Nefilim, Sisters of Mercy wat weer hulle inspirasie aan kunstenaars soos David Bowie te danke het. Wat ek nou van praat is eintlik ‘n druppel in die emmer van die verhaal van wat Goth is. Gaan lees gerus in Wikipedia oor Goth, Goth Music ens. (Ek gaan nou nie almal luimaak nie, gaan lees self).

Goth kleredrag, musiek en styl is nie Metal, Punk of Emo nie. Sommige bands mag dalk so klink en daar is mense wat dink Marilyn Manson is Goth (nee hy doen shock rock). Goth is nie ‘n godsdiens nie. Daar is Goths wat atieste, Christene, Moslems, Agnoste, Heidene en New Agers is. Goth is nie leegleêrs nie. Meeste goths het werks soos dominees, advokate, toergidse, joernaliste ens.

Goth is die uitleef van kuns.

As jy hulle nie wil verstaan nie, en wil oordeel, kry ‘n lewe.

(c) 2015 Allen Simpson
‘n trotse Goth

Dankie Hanneliese vir die foto

Advertisements