Vandag het ek en Alicha Du Plooy by mekaar gekom met Mariette van Dyk en haar man van Jotha Drukkkers en hard gewerk aan my en Alicha se digbundel. Ja, Alicha is die geheime digter met wie ek ‘n boek uitbring. Ons boek se naam is ‘Asylum of Verse’ en binnekort wys ons julle hoe die boek gaan lyk.

Alicha sal van julle dalk herken, sy het haar eie blog genaamd In Ally’s World en ons is vuur en vlam vir die nuwe bundel.

So wat is die konsep van Asylum of verse?

“Asylum of Verse is ‘n woordspeling op die woorde ‘asylum’ en ‘verse’ bedoelende dat ons as skrywers van die boek vind ons toevlug, of herberg van die wêreld in die magiese krag en kompleksiteit wat verse (of poësie) is. Enige ander betekenis wat jy as leser dink oor ons boek titel los ons vir jou verbeelding.”

Advertisements