toe-oog kleinskemer ek
op my sagte bed
die kamer is donker en
ruik soet na jasmyn en kaneel
wierook, wat strelend brand soos die hand
van ‘n minaares
en in my kleinskemer
klim ek in ‘n droom
en is in ‘n woud
daar is stilte wat soms onderbreek word
deur houtkapper kap en iets wat trap
tussen die struike
my woud ruik na denneboom en ander groengoud
want in my kleinskemer
elke aand
is ek op my spesiale plek
daar word gedigte gebore
en wense vlieg soos naaldekokers in die wind
en vir ‘n oomblik stop ek by ‘n waterval
en in die poel sien ek die wolf
en hy roep uit na die woud
en word deel van ‘n simfonie

(c) allen ‘wolfie’ simpson
foto geneem te Lone Creek Falls, Sabie

Foto kopiereg (c) allen en Hanneliese