Het jy ‘n September elke jaar
wat spook soos ‘n ou spook
soos ‘n geraamte uit ‘n kas
wat ‘n hele maand jou hart moer
tot Oktober jou omskyn
en jy kan sug…

Het jy ‘n September van onthou
van lyke en hospitale
begrafnisse en pyn…

Het jy ‘n maand so gruwelik
dat die son wat buite skyn
so bleek in jou hart verskyn…

Was die duiwel gebore in September
eggosteek die vrae

September is pyn

(c) 2015 allen simpson
gebasseer op ware gebeure

geskryf vir almal wat ‘n seer-maand het. September is myne

Advertisements