Ek, Hanneliese en Tish Swanepoel
Ek, Hanneliese en Tish Swanepoel

Vanaand het Hanneliese vir my kom kuier uit Potch uit en ons het by Krugers in Paul Kruger Straat ‘n lafenis teen die hitte gaan soek. SKielik keer ‘n meisie my voor en vra of ek WOlfie is, toe se ek ja en sy se sy herken my van my gedigte af op digblaaie in FB. Dit was so cool.

Later toe kom nog ‘n digteres wie se werk ek baie van hou, Tish Swanepoel daar aan en toe begin ek, Hanneliese en Tish en ons gooi ‘n lekker ‘woord bredie’. Ons het van mekaar se gedigte gepraat en gedrink en gesels en dit was nou lekker.

Digters weet van plesierig wees 🙂

Advertisements