die kind

soekend en smekend kyk Die Kind
na die sterre wat vanaand sieklik wink
geen belofte
geen vrede
geen liefde
net eindlose vrae waarin Die Kind verdrink

sitkamers vol bottels kleurvol gestrooi
amber vloeistof wat so lieflik die verderf in nooi
Die Kind is honger
Die Kind, so alleen
pa en ma disnis versuip

Die Kind so klein…
al wat Die Kind het…
is
traanspore wat waggel op rou huil wange

iewers huil Die Kind nie meer nie
iewers maar nie hier nie
iewers
maar nie hier nie

(c) 2013 allen simpson

Advertisements