Ons het ‘n vyfde troetel dier… soort van… daar is ‘n duif wat altyd in die kombuis in sluip en ons honde se kos steel. Ons honde en kat los die duif gewoonlik uit. Ek het haar Pokkel gedoop.

Vandag het Pokkel iets snaaks gedoen. Sy het ingevlieg en die kombuis geignoreer. Sy het na my kamer gevlieg. EK het haar nie gesien nie want ek was besig op my rekenaar. In elk geal Pokkel het my kamer ingevlieg en op my kop kom land. Ek, natuurlik, het nie gewwet dis Pokkel nie en probeer vat aand die ding wat p my kop is. Verbaas was ek toe Pokkel van my kop af vlieg terug kombuis toe.

Pokkel het op die kombuis deur gaan sit en toe sy sien ek volg haar kombuis toe het sy ewe rustig af gevlieg, uit by die deur na buite.

Ai die Pokkeltjie. Wonder of sy my lang boskasie as ‘n duifnes aangesien het????

(c) 2015 allen simpson

Prent van muurpapier blad af gekry

Advertisements