tyd

droogte bars die aarde stadig
en almal is in nood
waar is jy reën, waar is jy reën
die velde gaan al dood

Janus kyk voor, Janus kyk terug
en tyd stagneer in die nou
die dae word stil, die dae word droog
die dae word stof en grou

in gister se onthou toe tyd nog was
en die reën geval het oor jou
het dit gevoel alles is ewig
maar dit het vergaan soos nou

Janus kyk voor, Janus kyk terug
in die middel het tyd verdwyn
die dae word stil, die dae word droog
net die seer son wat genadeloos skyn

onthou jy tyd toe dit kon beweeg
en alles was mooi en groen
toe het water geval en ons was bly
en het so teer in die reën gesoen

Janus kyk voor, Janus kyk terug
ons lippe is droog soos papier
die dae word dors, die dae word droog
en tyd is nou net ‘n vampier

(c) 2015 allen simpson
Die Janus wat hier verwys na word is Janus, God van Nuwe Beginne en Verandering. Hy is ook ‘n God van Tyd in die ANtieke Romeinse Mitologie. Hy het 2 koppe of gesigte, een kyk na die verlede en een na die toekoms

Advertisements