unicorn

In my herfs het ek jou gevind
nie wit soos engel vlerke nie
maar donker en liefdevol
soos ‘n uitgedroogte roos
wat haar skoonheid behou het…

jy het my leer plant
in die vrugbare grond van Hoop
waar wanhoop net ‘n Grimm mite was
jy is my unicorn
ek deel jou inspirasie met my woorde
ek sien jou…

(c) Allen Wolfie Simpson

uit my bundel “SKADULAND”