Die mens is soos ‘n masjien in baie opsigte. In die brein is baie skakels (triggers) wat aan en af skakel met sekere tye. Jou brein skakel die honger-knoppie aan by voorbeeld as jy iets lekker ruik soos ‘n geur wat uit die kombuis uit kom of as jy bang is skakel jou brein ‘n klomp knoppies aan en adrenalien help jou in die oomblik.

Morele het ook knoppies. As mens ‘n lyn oorsteek in jou lewe soos om iets vir die eerste keer te steel, of om iemand se naam vir die eerste keer swart te smeer, skakel daar ook knoppies aan. DIe knoppies kan jy nie terug druk nie. As jy jou onskuld verloor is dit vir ewig. So ook wat jy aan andere doen. As jy iemand beroof skakel jy ‘n knoppie aan wat nooit weer af geskakel kan word nie. Glo my ek was al beroof en soms as ek in ‘n kar by ‘n stop straat stop, voel iets in my kriewelrig, dink ek aan daardie dag…

Ons as mens het keuse om nie lyne te oor tree nie, on s het die mag om goeie mense te bly. Ons het die mag om mense se negatiewe knoppies af te hou, om mense, in plaas van vir ewig, negatiewe gedagtes te gee, op te bou. Ons is geseen met daardie mag. Om goed in mense te behou.

Wat dan is ons fokken probleem?

Hoekom maak ons mekaar so donners seer?

Hoeveel knoppies moet ons aansit of word aangesit in ons om onsself te verloor…

As jy iemand in vrede en onskuldig kan hou, moenie daai knoppie druk nie. Onskuld is ‘n rare eienskap…

(c) 2015 allen simpson