Kyk hoe stap ons in die nag
so pragtig, so pragtig
erens blaf ‘n hond
so lastig, so lastig

Die aand soos ‘n towerland
die sterretjies blink daarbo
dit laat ons sommer, sommer
in feeverhale glo

kyk hoe stap ons deur die nag
so pragtig, so pragtig
daar ver, ver, aan die einde van die pad
is daar iets wat wag…
(so lekker, so lekker)

ons wandel en luister na die fluit gesang…
hoe mooi is dit nie vir jou, vir my
en ons is glad nie bang
die fluitspeler laat voel ons vry…
(luister na die fluit gesang)
Daar ver sien ons ‘n lig
is dit ‘n huis, of wat is dit?
net die fluitspeler weet tog…

kyk hoe lekker loop ons
agter die fluitspeler aan
al hoe verder weg van Hamelin
maar ons is glad nie bang

*

“kyk! daar! In die miellieland!
maar dis ‘n snaakse ding!!!
‘n reuse ronde piering…
met LIGTE???
EN daar is vensters in!!!!”

die fluitspeler verander
en hy is nie meer ‘n mens!
o liewe hel
niks maak nou meer sense!!!

en nou weet ek
die tyd het uit geloop
ons het ons vryheid
vir ‘n fluitgesang verkoop…

“die fluit het gestop
nou geen geluid”
ons wonder maar weet…
as die fluit weer speel…
is dit fluit-fluit
ons storie is uit…

(c) 2015 allen simpson
Ek het die Fluitspeler van Hamelin gemeng met ‘n VVV (Vlieende Vreemde Voorwerp) tema. Sommige mense se mos hulle is ontvoer deur ruimte wesens en terug gebring. (Sommige van daardie mense kon die aliens seker maar hou hiehiehie ‘grappie’)