100_0882

Het jy agter al gekom dat dit nie saak maak wie Beethoven se Maanlig Sonata speel op klavier nie, dat elke persoon ‘n ander emosie, ‘n ander klank simfonie in jou wakker maak…

Ek het al baie dit hoor speel maar eendag het ek by vriende van my gaan kuier en in die woonstel langs hulle het ek iemand die Maanlig Sonata hoor speel…

Eers moet ek verduidelik. EK is ‘n Empaat (Empath in Engels). Empate, as hulle sterk genoeg is kan mense se emosies nie net aanvoel nie, hulle kan dit VOEL. Hulle kan mense se harte voel en soms is mense se emosies soos ‘n oseaan en jy kan maar net dryf in wat jy voel…

In elk geval daardie dag het ek die Maanlig Sonata gehoor soos nooit tevore nie en iewers het ek begin swem in daardie emosie Dit het my aan geraak soos ‘n diep oseen vol strome, dit het my in getrek en ek kon wilde denk strome onder my voel. Bitter donkerte, hartseer en iets stukkend wat niemand sal kan verstaan nie. Die persoon het dit perfek gespeel tog was daar ‘n brutale intensiteit in elke noot, ‘n siel wat bloei en ek was in die bloed see. Iets brutaal onskuldig en verwronge het ek in my gevoel.

Ek het my vriende gevra of die persoon wat die klavier speel sielsiek is, soos in iemand wat in ‘n gestig opgesluit is. Verbaas het een van hulle na my gekyk en gesê, ja, dit is en hy is kort-kort in ‘n sielsieke inrigting….

Snaaks genoeg was dit een van die mooiste vertolkings van die Maanlig Sonata wat ek nog gehoor het…

Wys jou net, daar is mooi in dinge wat ons nie heeltemaal verstaan nie. Met simpatie en empatie kan ons oop hartig wees en daardie mooi vind… selfs in siel siek dinge.

Soms is selfs Vincent Van Goch se oor storie mooi…

(c) 2015 allen simpson

Foto is geneem te Viper’s Lair deur Allen Simpson

 

 

Advertisements