'ek is die seisoen man, ek is winter'
‘ek is die seisoen man, ek is winter’

ek is die seisoen man, ek is winter
leeg op winter dae
al is dit warm buite
en binne my leeg en dor

dan…

'is ek die seisoen man, soms is ek lente'
‘is ek die seisoen man, soms is ek lente’

is ek die seisoen man, soms is ek lente
ek bot soos die Jakarandas
en blom en my reuk skep op in die wind
en ek word vol blare, vol is my boom
my bloeisels word vrug

en…

'die seisoen man word somer'
‘die seisoen man word somer’

die seisoen man word somer
soms is dit droog, en ek is dors
en soms reën dit
en my wortels slurp-slurp
groen vrug word vol vrug
en ek voed die wêreld
en die wêreld voed my

ek is seisoen man
ek is mens
ek voel
ek lag
ek huil

en soms is ek jy…

(c) 2016 allen simpson

Die gedig is geinspireer deur die pragtige grafiese kuns van Tish Swanepoel wat met my foto getoor het. Dankie Tish x

Advertisements