BESONDERHEDE

Ligkastele (‘ ode vir Ra) is een van my gunsteling gedigte. EK het dit geskryf nadat ek ‘n vertaalde weergawe van antieke Egiptiese geskrifte gelees het. Ek het hom in my tweede bundel Skaduland gesit. Skaduland is op die oomblik uit druk maar as jy ‘n kopie wil hê is dit verkrygbaar by my as ‘n e-boek. Omdat dit Februarie is, die maand van liefde, sal ek my bundel Skaduland as e-boek verkoop vir R85.00 net tot 3 Maart 2016. Dit werk so, U betaal die R85.00 in my rekening en stuur per epos vir my die bewys en ek epos U kopie van Skaduland dadelik na die epos adres van U keuse. Epos my gerus by ookamishadows@gmail.com vir meer besonderhede asook my bank inligting.

Ligkastele (‘n ode vir Ra)

In die oosteruim verskyn
‘n diamant van glans
soos ‘n oog sprei hy uit

oor mens, dier, natuur
dis Sy uur
Sy tyd om moredou te laat glinster
om wolke soos ligkastele
in die horison te laat lyk
en nag gee haar laaste sug
voor sy na die ander helfte
van Moeder Arrde wyk.

Hy is hier, hy’t gekom
Ra gooi sy oog
en om my kry die stad lewe…

(c) 2013 allen simpson

Advertisements