image

My siel soos gebreekte ys
In ‘n fles in ‘n oond
Kyk ek word stoom
Laat my vry en soos ‘n droom…

Is ek weg word deel van die wolke
En eendag word ek weer reën

Ek sal reën oor jou droogte
Al was ek gebroke ys
Ek sal reën oor jou gebarste drome
Jou hart van steen erodeer

Want ek is water, ons glip deur
Elke kraak
Elke seer
En maak alles heel

(C) Allen Simpson

Advertisements