neem, eet my woorde
gepen uit my seer, my rou wonde
gebloei uit my lag, my onthou
my uitkyk op elke wonder
lees my en maak asof jy my ken
my gister bloedspore verstaan
sê vir iemand:
“Die ou dig goed”
of sê:
“Die ou dig kak”
Dis okay
jy ken nie my lang pad
vol doring en rose

maar as jy iets goed vind
wat ‘n gat in jou hart stop
uit my verse en rym
vat dit
want dit is al geskenk wat ek wil gee
myself
eerlik
kaal
maar geklee in kolletjies verse
diep gehaal uit my siel

neem, eet my woorde
my geskenk
vol dorings en vol rose

(c) 2016 allen simpson