Ndebele doprie

Zebra Lodge, 27 kilometers weg van Magalieskruin, Pretoria. Ek en Hanneliese gaan kuier vir ‘n groep spesiale mense op Viper’s Lair. Om op Viper’s Lair te kom moet mens deur Zebra Lodge ry. Net na mens in draai op Zebra Lodge is daar ‘n bloekom bos, en net verby die bloekombos aan die linker kant sit ‘n Ndebele dorpie (meer vir toeriste ens). Ons (Hanneliese en ek) het op Saterdag daar op iets baie mooi afgekom.

Toe ons veby daardie einste Ndebele dorpie ry het ‘n pou links amper net verdwyn agter die muur. Kyk op die foto en jy sal die pou sien. Hanneliese het gestop en voor jy die woord ‘toeris’ kan sê het ek die pou gaan soek want om iets so kleurvol in ‘n kleurvol Ndebele dorpie te sien is spesiaal.

Ek het die pragtige pou sommer dadelik gesien. Die pou het gaan sit asof dit vir my gewag het. Pragtige groen, geel en indigo kleure het gestraal uit die geveerde reënboog voêl wat daar gesit het asof dit regeer oor die Ndebele stad.

Pou2

Iets lings het my oog gevang… nog ‘n pou wat paradeer op ‘n gekleurde muur… Die hele stadjie was vol van die poue wat soos edelstene met vere geskitter het in die son.

Pou2weer

Die belewenis het my herhinner aan ‘n ou gedig van my en ‘n ware storie:

Duisend oog en die droomvanger

Buite is die pou se roep
soos ‘n hulpskree vir genade
maar hy pronk duisend-oog
en sing ‘n serenade

ek kyk op na my droomvanger
al hangend in my plafon
sal jy, droomvanger
die pou se vrees ook vang, as jy kon?

my droomvanger doen sy veredans
liggies in die wind
en ek kyk na dit
droomverlore soos ‘n kind…

Die pou ‘help, help’ weer buite
in sy stert kyk ‘n duisend oë
na my droomvanger in die plafon
asof hy ook daarin glo…

(c) 2012 allen simpson

Doodroep deur poue

Ek het ook onthou van een nag verlede jaar. Oorkant my huis is ‘n plot en die mense hou poue aan. Reg langs die plot is ‘n veld. Een aand het die poue hulle ‘help, help’ skree geskree. Ek het dit geignoreer want hulle doen dit baie, al was dit die spesifieke aand ‘n bietjie erg… en ek is nou nie nuuskierig nie, ek het maar net gedink dis omdat dit paartyd is, en dat ek nie in die donker inelkgeval sal kan sien hoekom hulle skree nie.

Die volgende oggend het aangebreek en toe ek hoor hoekom die poue geskree het was ek geskok… want julle sien daardie aand het ‘n man homself op gehang in die oop veld. Dis hoekom die poue geroep het… Hulle het help, help geskree want daar was ‘n man besig om te sterf in die veldjie langs hulle…

Moet nooit dink ‘n pou skree verniet nie… ‘n les wat ek vir altyd sal onthou….

(c) 2016 allen simpson

 

more  is daar nog fotos en stories oor Zebra Lodge… kom kuier weer

Advertisements