watermerk

‘kind words can be short and easy to speak, but their echoes are truely endless’ Mother Theresa

elke mens los ‘n watermerk
op die papier van die siel
troos, liefde, trauma, wysheid, verniel
traanspore
of treinspore
van geluk of ongeluk
watter merke los ek of jy?

Keuse is ‘n kort woord
maar is soos ‘n klip
geslinger in ‘n dam
wat rippel…
Elke druppel dien ‘n doel
voel
voel met jou hart voor jy jou klip
in die sieldam gooi
jou watermerk is ewig…
Jy het meer mag as jy dink
gebruik jou krag reg

of…

En daar is altyd ‘n ‘of’…

(c) 2013 allen simpson

Foto deur Allen Wolfie Simpson en Hanneliese Bredell, geneem te Rietvleidam

Advertisements