buite stort die reën in grys perkussie
binne my loop die dam vol
want jy is weer in my gedagtes
soos ‘n storm…

en selfs in die na-reën in my hart
sal dit nog drup drup
my dam wil breek maar iewers in die middel
is dit verys…

jy is weg soos ‘n droom
‘n wasem, ‘n drogbeeld van stoom
eendag, eendag was jy gewees
net vir ‘n oomblik
‘n visie voor my
jy was soos ‘n wonder
jou aanraking was soos voetspore op die maan
ewig vasgevang
waar geen wind kan waai nie

en selfs in die ys van wat-gewees
waar alles stagneer
waar alles reflekteer
soos sneeu op ‘n wolklose winter
selfs daar
is jy net ‘n droom
wat ek nie van kan ontsnap nie…

jy is soos reën op ys
dis glad
en ek val ewig

nooit sal ek kan opstaan nie…

(c) 2016 allen simpson

Foto: Geneem te Waterval Boven deur Allen Simpson en Hanneliese Bredell

Advertisements