Ek hoor toe ‘n wyle terug dat mens kan registreer om ge’ordain’ te word as ‘n priester op die internet, dit net nadat ek in ‘n paar T.V. reekse daaroor  episodes gesien het. Toe gaan loop ek rond in die kuber ruimte en vind uit dat ja, ek kan ‘n priester word en dis ‘n wettige sertifikaat in vele lande. 

Ek is nou ‘an ordained priest at The Church Of The Latter-Day Dude’ en wat lekker is is dat jy aan enige kerk, geloof ens kan behoort om die sertifikaat te bekom want Dudedisme is NIE ‘n Godsdiens nie.

Nou ja, noem my maar ‘n ‘kuber-dominee’ maar dis pret en wie weet, miskien kuier ek eendag in New York en doen ‘n huwelik seremonie vir een van julle, wettiglik. En ek is volgens my geloof in Shamanism al klaar ‘n priester. Dis net lekker om iewers op die wêreld nou wettiglik een te wees.

Wees Geseënd, Dude!

Broeder Wolfie

 

My sertifikaat as 'n Priester
My sertifikaat as ‘n Priester
Advertisements