Eenduisend! Behalwe vir die artikel vandag het ek Eenduisend keer my kop se nonsens geplaas op my blog. Dit is nogal ‘n mylpaal vir ‘n blog. Vir my persoonlik ook. EK werk mos vir AnimeFanatika (animefanatika.co.za) en is ‘Content Manager’ daar, so eenduisend is eintlik meer aan gesien ek 5 maal ‘n week ‘n artikel of meer skryf vir AnimeFanatika.

Maar wolfshadowwhispers is my siel en my hart, en die eenduisend hier is soveel meer kosbaar. En aan julle wat gereeld hier kom lees en ‘like’ en gesels, ek waardeer julle. Dankie vir almal wat my maligheid kom lees hier. Die feit dat julle terug kom vir nog is ‘n geskenk en maak julle spesiaal vir my.

Duisend seënwense,

Wolfie

Advertisements