Eendag het die wolf (ja, dis ekke, as jy nuut is op my blog) saam met sy band gaan optree in Centurion. Een van die mense wat kom kyk het na sy gegrommery op die verhoog was ‘n mededigteres wat hy op ‘n dig-blad of Facebook ontmoet het.

Elke ware storie moet as ‘n sprokie begin. Veral as mens begin met ‘n pragtige vriendskap wat in ‘n diep kameraadskap ontgaan. Ek het Hanneliese twee jaar gelde ontmoet en ons is al deur baie, was by baie plekke en het baie geleer by mekaar in die twee jaar. Hanneliese is ‘n regte geskenk van die Gode af. Ek ken haar as iemand wat amper 24 uur ‘n dag positief en inspirerend is, iemand wat eers iets sal navors voor sy oordeel sal maak daaroor. Elke keer as sy iets nie weet nie, krap sy hongerig rond om meer van dit uit te vind, meeste mense sal bevoorbeeld dom bobejane wees en dink ek is ‘n satanis omdat ek van swart klere hou, sy is nie so nie. Sy het my uitgevra en ook gaan kyk na my musiek smaak en godsdiens en daaroor gaan lees om my te verstaan en agter gekom dat ek eintlik nie so gaga soos ‘n satanis is nie. Dit was vir my so ‘n seën in ‘n werêld vol drolle wat as hulle iets nie verstaan nie verse hallusineer uit die bybel om iets wat hulle nie verstaan nie ‘duiwels’ wil maak.

aplush3

Hanneliese is ma van drie pragtige dogters met pragtige persoonlikhede, spieëlbeelde van die pragtige hart wat hulle groot gemaak het. Sy is avontuurlustig en spontaan, in die lewe en in die kombuis, liefdevol, positief, humoristies, geestelik en het ‘n fantastiese smaak in musiek.

Ek is dankbaar vir Hanneliese se vriendskap en haar teenwoordigheid in my lewe. Vandag is ons offisiele tweejaar herdenking van ‘n pragtige kameraadskap. Jare val soos herfblare, nuwe jare kom soos groen blaartjies uit. Waar die laaste twee jaar geval het, het ek dit opgetel en gepars en gebêre in my hart. My kameraadskap met haar is kosbaar.

Die Gode seën jou Hanneliese, mag Hulle altyd die wind wees onder jou vlerke. Vlieg hoog.

Wolfie

(c) 2016 allen Wolfie simpson

aplush1

Advertisements