Daar is iets onrustigs in my, ‘n geknaag aan my siel. Miskien is dit die romany bloed in my, die gypsy gene. DIe wolf is ‘n sigeunerkind…

Ek voel vas gevang tussen mure van roetines en vals beloftes van “gaan aan met jou werk want jy het geld nodig om dit en dat te koop” om nie eers te praat van die satan’s oogappel genaamd krediet kaart nie…

Ek wil soos verlede jaar Junie/Julie op’n pelgrimsreis gaan. DIe keer met net ‘n ‘backpack’ met twee stelle klere en onderklere en deur my land, my pragtige Suid Afrika invaar. Ons het so bie hier om te sien.

Ek wil nie oorsee gaan nie. Ek wil hier dood gaan op Moeder Afrika. As kind het sy haar borste vir my gegee en ek het gedrink, sy het haar bome vir my gegee en ek het geeet. Oorsee is nie vir Afrikaners nie. Ek het te veel familie wat geemigreer het en hulle bleddie kinders ken nie ‘n woord Afrikaans nie. Sies, sies man. ‘n regte Afrikaner bly ‘n Afrikaner en sorg dat sy taal vir generasies deur sy kinders gepraat word.

Nee, hier wil ek bly, waar my taalgepraat word, waar sy nog ‘n magtige rivier is en vloei in die harte van my mense, of hulle nou swart of wit is, as jy my taal praat en lief het, is jy my nasie.

Ai die gypsy boy in my hunker na die pad, na die woud, na die roep van ‘n katlagter en die hadedas wat hulle hallelujas sing net voor ‘n storm, die kameelperde wat so na aan jou kar loop jy kan hulle amper streel… Hier in die stad sien ek net ape… met klere en ja hulle kom in sawrt en wit…

(c) 2016 allen simpson

Advertisements