DSCN1012

Verlore, spoorloos
Diepgetrapte ektoplasma
Van gister-spoke
Word blindelings gevolg
Tonnelvisie muile wat lemmingkoors
So getrou navolg

Eenkant loop ‘n wolf
Volg sy hart
Bid
En al kompas is glo
Iewers sal ‘n nuwe lewe kom
Waar rusplek is
Sonder intensies
Sonder oordeel
Net voete van ‘n Meester Godin

Daar waar wolf en lam
By stille waters rus
En die skadu van sy Meesteres
Hom van hitteson verfris

Amen

(C) 2013 allen simpson

Baie dankie aan die pragtige model Hanneliese vir die foto