stoning-1024x683

iewers roep ‘n hadeda ‘n weenklaag
en vader son kyk mistroostig af
in skaamte
die gepeupel staan en hoonlag
rotse in die hande

sy sit en huil alleen
die mense kyk met duiwelsoë
sy word uitgejou
‘heks’ ‘vervloeking’
en net omdat hulle glo

dat sy die Tikoloshe roep
net omdat sy
vallende siekte het

die eerste klip vlieg en breek haar wang
en klippe begin rëen
sy sterf ‘n honderd dode
terwyl ‘n hadeda iewers saggies ween

(C) 2013 allen simpson