20150811_132214

nog een bottel
nog een dobbel
jy speel poker
met die skedelman
hy het altyd ‘n ace-kaart
hy ken die spel
daardie bottel wat jy suip
is jou eie hel
voed jy die vuur
jou man of vrou en kinders
tel bekommerd elke uur
en wonder met sanik en traan
of jy vanaand dood gaan

die noodlot sit soms ‘n ace in jou hand
vat dit of verloor…

(C) 2013 allen simpson

Foto geneem te Sandfontein begrafplaas

Advertisements