79Au 100%

optimisme beveel aan die glas is half vol
pessimisme vertel die glas is half leeg
die wolke dryf bo in die blou-blou lug
en iewers reën dit en iewers is dit droog

hoe is jou glas, half leeg or half gevul
is jy maar net ‘n dromer in die klugspul
want die volume in die glas maak eintlik geen saak
dit is die inhoud van die glas wat die lewe laat smaak

druk jy ‘n suurlemoen leeg in jou glas
of is daar suiker na smaak
of net bitter als
leeg en vol is net ‘n triek in jou brein
lewe ten volle en laat die glas verdwyn

gooi weg die glas en hou op breinkots
dink jouself uit die boks
die zen is altyd die een wat wen
want

wat as daar nie ‘n glas was nie

Nou sommiges sal my rym nie verstaan
en weet ‘sweet-blou-fokkol’ van zen
dit vat nie ‘n meester om die puzzle te wen
net ‘n oop gemoed, bietjie dink en verken

ek sê weer meneer daar is nie ‘n glas
half vol en half leeg kan gaan bars
gooi weg die gedagte van die glas
en dink oor my gedig en klim uit die kas.

(c) 2016 allen simpson

Advertisements